CRADOCK VLV het drie trofeë gewen by die 86ste konferensie van VLV Sirkel Cradock wat verlede week op Tarkastad plaasgevind het.
Die trofeë waarmee Cradockers huistoe gekom het, was vir die beste artikel by die konferensie (foto geneem deur Amy Coetzer), vir gebak (fudge en Panettone–brood) en vir die tak wat die meeste vordering gemaak het.
Cradock het ook ’n prys gekry vir ’n handgemaakte honde speelding deur Levina Nel.
Insiggewende praatjies by die konferensie het onder meer gehandel oor die Groen Skerpioene (Ruaan Botha), Senior Mind Moves (Trish King), Tarkastad se Sparrows – ’n projek soortgelyk aan die ACVV (Jenny van Heerden), Ons Liggaam (Irene Smith) en Mode en Klere (Ma’m Geyer).
- VLV Sirkelkonferensie 2021 sal op Cradock gehou word.

