• Sondag, 4 Maart: Dankoffer-diens en die Mighty Men se afsluiting.


) Maandag, 5 Maart tot Sondag, 11 Maart: Die “7 Weke met God wat IS” gaan voort tydens week 6 met “Ek is die weg, die waarheid en die lewe”.


) Dinsdag, 6 Maart: Gebedsgeleentheid by die All Saints-kerk tussen 13:00 en 14:00 elke Dinsdag gedurende Lydenstyd wat 46 dae duur.

  • Maandag, 12 Maart tot Sondag, 18 Maart: Die “7 Weke met God wat IS” week 7 gaan voort met “Ek is die ware wingerdstok”.
  • Opnames van alle eredienste word gemaak en bestellings kan geplaas word by die kerkkantoor teen R10 per CD of DVD.
  • Vrywilligers wat by kategese gr. 1 tot gr. 6 wil help kan Hanneke by 083 679 3405 bel.
  • Die Groen Lewe-projek is aan die gang op Maandae tussen 14:00 en 17:00.

Skenkings van tandeborsels, waslappies, potlode, liniale, blikkieskos, skoene en komberse kan by die kerkkantoor afgelaai word.

Groen sakke vir huishoudings se Groen Lewe-projek is by die kerkkantoor beskikbaar teen R20 vir 20 sakke.

Groen sakke word Dinsdae tussen 08:00 en 08:30 opgelaai.

Vrywilligers vir die projek is benodig. Belangstellendes kan Petro by 083 740 7019 bel.

  • Nuwe inwoners kan kennis maak by die kerkkantoor by 042 243 2080.
  • Waardevolle kerkbanke en driesitplekstoele is te koop. Kontak die administratiewe bestuurder by die kerkkantoor by 042 243 2080.

You need to be Logged In to leave a comment.