Dankie vir bydraes tot fonds

HIERMEE wil ek graag baie dankie sê aan alle kerke, organisasies, skole, taxi-eienaars en persone wat dit moontlik gemaak het dat ons die mooi bedrag van R12 559.60 aan die organisasie, Pienk Bome, kon oorhandig.


HIERMEE wil ek graag baie dankie sê aan alle kerke, organisasies, skole, taxi-eienaars en persone wat dit moontlik gemaak het dat ons die mooi bedrag van R12 559.60 aan die organisasie, Pienk Bome, kon oorhandig.

Hierdie gemeenskapsprojek is gekenmerk deur die baie verskillende kerke, skole, organisasies en enkelinge wat saamgewerk het om dit ’n sukses te maak.

Baie dankie aan genoemde taxi-eienaars wat gemeentelede en besoekers gratis vervoer vanaf Francisvale na en van Aeroville ver- voer het en my wens is dat God hul veelvoudig sal seën! Dankie aan ons verskillende predikers vir jul-le bemoedigende boodskappe – God seën julle!

Aan ons gemeentes: baie dankie vir julle opoffering, gewyde liedere en samesyn gedurende die afge-lope Pinksterfees. Innige dank aan die senior koor vir die pragtige sang.

Die Pinksterfees-afsluitings- diens by die Prof. Jakes Gerwel-saal is deur koorsang, woordbe- diening en die bediening van die Heilige Avondmaal gekenmerk. Almal was getooi in pienk soos die Pienk Bome se leuse sê: “Wrapped in Colour United in Hope, all cancers all people!”

Vir almal wat ’n bydrae gelewer het, al was dit hoe gering ookal, beteken dit meer as ’n duisend edelstene.

Mag God u almal ryklik seën. Nogmaals baie dankie.

Omdat hierdie ’n gemeenskaps-projek is, nooi ons enige persoon of persone om donasies aan Pienk Bome te skenk.

Freek Pockpas – Voorsitter Gesamentlike Kerke

You need to be Logged In to leave a comment.