) Hofmeyr-landbouskou:Vind hierdie jaar plaas by die Hofmeyr-skougronde vanaf 15 tot 17 Maart. Daar sal verskeie stalletjies wees wat lekker eetgoed sal verkoop. Die naweek begin Vrydagaand met ’n skoudans en ’n biefstuk-ete. Verdere items oor die res van die naweek sluit in ’n troeteldierskou, pretklasse, perdeskou, ’n merino- en dorper-kompetisie en nog vele meer. Vir meer inligting, kontak 078 671 6605.
) Vlooimark:’n Vlooimark word in die Lavender-parkie oorkant Karoobos Lodge in Hofmeyr op 30 Maart aangebied. Verkopers wat reeds hul plek bespreek het, beloof om lekker eetgoed, sowel as skilderye, boeke, oudhede, naaldwerk en nog meer te verkoop. Daar is wel steeds plek beskikbaar. Kontak Mariaan Schoeman by 048 885 0395.
) Herfsteeparty: Die ATKV Cradock se program vir die jaar sal met ’n herfsteeparty in die plaaslike kerksaal op 17 Maart om 09:30 vir 10:00 begin. Buiten die verwagte eet- en drinkgoed, sal die geleentheid ook ’n herfshoed-kompetisie, gelukstrekking en vasvra insluit. Kaartjies is R80 per persoon.
) SGB for William Oates Primary School:William Oates Primary has started the process of electing the school governing body (SGB). Nomination forms can be collected at the school before March 17. The election of parents will take place at the school on March 20 at 17:30.
) Basaar: Die NG Kerk Middelburg Karoo se jaarlikse basaar sal in die Klaassensaal op 10 Maart plaasvind. Verskeie stalletjies sal lekker eetgoed verkoop. Die vleistafel beloof om inwoners se vrieskaste vol te kry vir die winter en ’n boere-ontbyt sal teen R50 per persoon aangebied word. Kaartjies is by die kerkkantoor beskikbaar. Daar sal ook ’n kindertafel wees om die jongklomp besig te hou.
)
Jaarfees:
Die VGKSA Midros se Christelike Jeug Brigade sal die Jaarfees 2018 vanaf 9 tot 11 Maart aanbied. Graaff-Reinet VGKSA, Jansenville VGKSA, Jansenville UCC, Aberdeen VGKSA en Schauderville PE VGKSA sal ook die fees bywoon. Die verrigtinge sal op Saterdag om 09:00 begin met ’n opmars deur Middelburg voor elke kompanjie, dril en orkes se optredes by die sportgronde om 14:00 deur die SAPD gelei word. Daar sal ook ’n talentaand om 19:00 plaasvind. Toegang is R10 per volwassene, R5 per kind en R2 per voertuig.
- Stuur jou dagboekinskrywings na express@media24.com en sit “Mid-Karoo Dagboek” in die onderwerpveld van die e-pos. Inskrywings moet ons nie later as Dinsdae bereik nie. Dagboek-plasings is gratis.