) Kerke
NG Kerk Somerset-Oos: Die gemeente se “7 Weke met God wat IS” reis sluit op 18 Maart af. Hulle sal dan ’n Palmsondag op 25 Maart, asook ’n erediens en nagmaal op 29 Maart hou. Elke Dinsdag tydens Lydenstyd hou die kerk ’n gebedsgeleentheid tussen 13:00 en 14:00 by die All Saints in Beaufortstraat. Daar sal geen erediens op Goeie Vrydag, 30 Maart, wees nie. Opnames van eredienste is teen R10 elk by die kerkkantoor beskikbaar. Skenkings van huishoudelike items kan by die kerkkantoor afgelaai word. Nuwe inwoners kan ook kennis maak by 042 243 2080.
Groen Leweprojek: Die NG Kerk Somerset-Oos se Groen Leweprojek is aan die gang op Maandae tussen 14:00 en 17:00. Vrywilligers word vir die Groen Leweprojek benodig. Belangstellendes kan Hanneke by 083 679 3405 kontak. Groen sakke is by die kerkkantoor teen R20 vir 20 sakke beskikbaar. Dié word op Dinsdae tussen 08:00 en 08:30 opgelaai.
) Generies
Hofmeyr-landbouskou: Vind hierdie jaar plaas by die Hofmeyr-skougronde vanaf 15 tot 17 Maart. Daar sal verskeie stalletjies wees wat lekker eetgoed sal verkoop. Die naweek begin Vrydagaand met ’n skoudans en ’n biefstuk-ete. Verdere items oor die res van die naweek sluit in ’n troeteldierskou, pretklasse, perdeskou, ’n merino- en dorper-kompetisie en nog vele meer. Vir meer inligting, kontak 078 671 6605.
Vlooimark: ’n Vlooimark sal in die Lavender-parkie oorkant Karoobos Lodge in Hofmeyr op 30 Maart aangebied word. Verkopers wat reeds hul plek bespreek het, beloof om lekker eetgoed, sowel as skilderye, boeke, oudhede, naaldwerk en nog vele meer te verkoop. Daar is wel steeds plek beskikbaar vir stalletjies. Kontak Mariaan Schoeman by 048 885 0395.
Herfsteeparty: Die ATKV Cradock se program vir die jaar sal met ’n herfsteeparty in die plaaslike kerksaal op 17 Maart om 09:30 vir 10:00 begin. Buiten die verwagte eet- en drinkgoed, sal die geleentheid ook ’n herfshoed-kompetisie, gelukstrekking en vasvra insluit. Kaartjies is R80 per persoon.
SGB for William Oates Primary School: William Oates Primary has started the process of electing the school governing body (SGB). Nomination forms can be collected at the school before March 17. The election of parents will take place at the school on March 20 at 17:30.
Karoo Springbokke-sportklub: Die Karoo Springbokke-sportklub se fees sal by die Cradock-sportgronde op 31 Maart plaasvind. Die verrigtinge sal met ’n meet-and-greet by die Sonskynsaal in Michausdal op 30 Maart begin waar ’n ete teen R60 per persoon aangebied sal word. Op 31 Maart vind die groot verrigtinge plaas wat groot pret vir die hele familie belowe. Die wat belangstel om deel te wees van die fees kan die klub se voorsitter by 083 729 1351 kontak.
- Stuur jou dagboekinskrywings na express@media24.com en sit “Mid-Karoo Dagboek” in die onderwerpveld van die e-pos. Inskrywings moet ons nie later as Dinsdae bereik nie. Dagboek-plasings is gratis.