)
kerke
NG Kerk Somerset-Oos:
Die
Imagine
kamp sal by Mentorskraal in Jeffreysbaai van 6 tot 8 April plaasvind. Op 10 April sal die skole heropen en die wyksbyeenkomste sal begin. Opnames van eredienste is by die kerkkantoor te koop. Nuwe inwoners kan ook kennis maak by die kerkkantoor by 042 243 2080.
Groen Leweprojek: Die NG Kerk Somerset-Oos se Groen Leweprojek is aan die gang op Maandae tussen 14:00 en 17:00. Vrywilligers word vir die Groen Leweprojek benodig. Belangstellendes kan Hanneke by 083 679 3405 kontak. Groen sakke is by die kerkkantoor teen R20 vir 20 sakke beskikbaar. Dié word op Dinsdae tussen 08:00 en 08:30 opgelaai. Die volgende items mag nie in die sakke gegooi word nie: babadoeke, skille, oorskietkos, wegneemetebakkies, die sakkies waarin skyfies of seeppoeier verpak word.
) algemeen
Kombuistee: Die Middelburg Gholfklub sal ’n kombuistee ten bate van hul eie kombuis op Saterdag, 7 April, vanaf 14:00 hou. Die geleentheid word gehou om die gholfklub se kombuisvoorraad aan te vul. Elkeen kan iets as skenking saambring, hetsy dit nuut is of nie. Daar sal verversings wees, asook stalletjies, vrouwees-praatjies en vele meer. Kontak Lezanne Lombard by 071 307 0276.
Herfsete: Farmhouse Grill sal ’n driegang Herfsete op 14 April aanbied. Die koste is R120 per persoon en R80 per kind onder die ouderdom van 12. Besprekings is noodsaaklik. Kontak Handri Vorster by 082 324 7524.
Mnr. en Mej. Vonkel en Sprankel: Die Primêre Skool Karel Theron se glansgeleentheid, Mnr. en Mej. Vonkel en Sprankel, sal op Donderdag, 19 April, plaasvind. Kaartjies sal by die deure beskikbaar wees.
Somerset-Oos VLV: Die Somerset-Oos VLV-tak sal hul maandelikse vergadering op 13 April by die dienssentrum om 09:00 hou. Op die agenda is naaldwerk deur Marlene Botha, openbare sake deur Julita Puren en gesondheid deur Johanna Murray. Die kompetisies van die dag is drie takkies kruie en herfsblomme. Die gasvroue vir die oggend sal Maxie Botha en Maríé Ferreira wees. Almal is welkom.
NWKV: Sal ’n Skaaptegnologiedag by Kroonvlei, Burgersdorp, op 19 April aanbied. Registrasie sal om 09:30 begin. A. Fourie van Voermol gaan oor lamhokkies gesels en dr. M. Ferreira van Virbac oor mineraalaanvullings. ’n Praktiese demonstrasie deur ECS Industries sal plaasvind. G Calldo (RFID Experts Africa) sal oor die toekoms in die tegnologiese bestuur van kudde om 13:30 gesels voor ’n praktiese demonstrasie deur BKB. RSVP voor 12 April met HB van der Walt by 082 324 6219.
Harmonie Plaasmark: Sal op Charles en Klaudia Viljoen se plaas, Harmonie, in die Steynsburg distrik op 7 April plaasvind. Harmonie is 72km vanaf Middelburg regs op die Steynsburgpad geleë. Varsgebakte plaasprodukte, braaivleis en vele meer is by die Plaasmark te koop.
- Stuur jou dagboekinskrywings na express@media24.com en sit “Mid-Karoo Dagboek” in die onderwerpveld. Dagboek-plasings is gratis.