DIARY/DAGBOEK

) churchesNG Kerk Somerset-Oos: Sal vandag, 10 Mei ’n Hemelvaartdiens onder leiding van Ds Chris du Raan in nuwe kerksaal hou. Hulle sal ook Pinksterdienste op 13 Mei om 09:30 en 18:30 en 14 Mei om 18:30 in die nuwe kerksaal hou. Die kerk benodig ’n




)
churches



NG Kerk Somerset-Oos:

Sal vandag, 10 Mei ’n Hemelvaartdiens onder leiding van Ds Chris du Raan in nuwe kerksaal hou. Hulle sal ook Pinksterdienste op 13 Mei om 09:30 en 18:30 en 14 Mei om 18:30 in die nuwe kerksaal hou.
Die kerk benodig ’n skakelpersoon om namens die gemeente op te tree om die behoeftes van die Luvuyo-dagsorgsentrum vir Gestremdes te behartig. Hulle benodig steeds bestanddele vir die kerkbasaar se koekietafel. Dit en skenkings van huishoudelike items kan by die kerkkantoor afgelaai word. Nuwe inwoners kan ook by die kantoor kennis maak. Kontak 042 243 2080.


Hemelvaartdiens:
Middelburg se boonste NG Kerk (Uitsig) sal ’n Hemelvaartdiens vandag, 10 Mei om 18:00 hou. Hannes Heyneke gaan die diens lei.


Pinksterdienste:
Middelburg Karoo se Pinksterdienste het na 28 tot 31 Mei verskuif. Dit vind in die boonste kerk plaas en word deur Ds. Francois du Toit gelei van 18:00 tot 18:40. Die nagmaal is ook na Sondag, 27 Mei verskuif.





) general



Fun Ride:
The first Middelburg Critical Mass Family Bicycle Fun Ride will take place from Nguni Lodge, Middelburg on May 11 at 17:30. Anyone over the age of six who owns a bicycle is invited to gather at Nguni Lodge to join in the fun.


Sporttoernooi:
Michausdal Sekondêre Skool te Cradock sal sy jaarlikse sporttoernooi op 12 Mei by die Cradock Sportgronde vanaf 08:00 hou. Alle ouers, oudskoliere en belangstellendes is welkom om die dag te kom geniet. Die toernooi maak voorsiening vir o.19-rugby, netbal, sokker en skaak. Skole in die omgewing wat belangstel om deel te neem het nog tot 4 Mei om teen R750 te registreer. Kontak die skool by 048 881 3708.


Moedersdagete:
Sal op 12 Mei by Farmhouse Grill te Middelburg plaasvind. Die koste is R150 per persoon en sluit ’n driegang maaltyd in. Kontak Anita van der Merwe by 076 084 9357.


Gholfdag:
Die Middelburg-gholfklub se jaarlikse Sanlam-gholfdag sal op Saterdag, 12 Mei plaasvind. Afslaan is 12:00 en die inskrywingsfooi is R150 per persoon. Kontak Christopher Lombaard by 078 423 3768.


Desert Inn Gastehuis:
Francis Gouws is die nuwe eienares van Desert Inn Gastehuis in Kerkstraat, Middelburg. Sy sal ’n driegang Moedersdagete teen R150 per persoon op Sondag, 13 Mei aanbied. Kontak Francis by 049 842 4541.

Basaar: Huis Karee in Middelburg se gesamentlike kerkbasaar sal op 18 Mei om 10:00 by die Klaasensaal in Kerkstraat plaasvind. Verskeie eetgoed sal te koop aangebied word. Huis Karee se bejaarde inwoners gaan ook ’n olifant tafel hê waar al hulle harde werk te koop gaan wees. Bestellings vir eetgeod kan vooraf by Irene van Huis Karee geplaas word by 049 842 1249.


Emile Minnie:
Die musikant en verhoogkunstenaar sal op 19 Mei om 18:30 vir 19:00 ’n vertoning in die Family Church lewer. Kaartjies teen R100 elk sluit ’n ligte ete in.


Laerskool Gill Skouspel:
Sal deur Drie Stemme in Konsert met Jomari en leerlinge van die Laerskool Gill te Somerset-Oos aangebied word. Die openingsaand is op 23 Mei om 18:00. Kaartjies is R50 per volwassene en R20 per kind. Die gala-aand sal op 24 Mei om 18:00 plaasvind. Dié kaartjies is R150 per persoon en sluit ’n ligte ete in. Kaartjies is beskikbaar by die Laerskool Gill. Kontak Lindie Lötz by 083 292 3738.

  • Stuur jou dagboekinskrywings na express@media24.com en sit “Mid-Karoo Dagboek” in die onderwerpveld. Dagboekplasings is gratis.

You need to be Logged In to leave a comment.