)
religious
NG Kerk Somerset-Oos:
Sal ’n erediens op Vadersdag, 17 Junie, hou. Daar sal geen wyksbyeenkomste tydens Junie en Julie wees nie. Opnames van alle eredienste is by die kerkkantoor teen R10 per CD of DVD beskikbaar. Junie is Hospice-maand en die kerk begin met hulle Winterhoopprojek. Komberse, warm klere, handskoene, nie-bederfbare kos en ander items kan geskenk word. Kontak Maryke Schoonbee by 082 858 3815 vir Hospice-maand en die kerkkantoor by 042 243 2080 vir die projek. Nuwe inwoners kan ook by die kantoor kennis maak.
Groen Leweprojek: Die NG Kerk Somerset-Oos se Groen Leweprojek is aan die gang op Maandae tussen 14:00 en 17:00. Vrywilligers word vir die Groen Leweprojek benodig. Belangstellendes kan Hanneke by 083 679 3405 kontak. Groen sakke is by die kerkkantoor teen R20 vir 20 sakke beskikbaar. Dié word op Dinsdae tussen 08:00 en 08:30 opgelaai. Items wat nie in die sakke gegooi mag word nie is babadoeke, skille, oorskietkos, wegneemetebakkies, die sakkies waarin skyfies of seeppoeier verpak word.
Lofos-gemeente: Eredienste vind elke Sondag vanaf 09:30 tot 11:00 by die Laerskool Visrivier in Kerkstraat, Cookhouse, plaas. Almal is welkom.
APK-gemeente: Eredienste word elke Sondag om 09:30 in die AP-kerk in Pauletstraat, Somerset-Oos, gehou. Die tye van dienste kan verander.
) general
Snoekfees: Die NG Kerk Middelburg Karoo en Wellington-Oos se Snoekfees sal van 14 tot 17 Junie in Middelburg plaasvind. Die Snoekfees sal met ’n wynproe-aand begin waarna daar die res van die naweek gerookte en vars snoek en meer by die Klaasensaal in Middelburg te koop sal wees. Op 15 Junie sal die Snoekfeeskermis vanaf 10:00 plaasvind en 16 Junie is die hoogtepunt wanneer die snoek-ete teen R85 (R65 vir kinders) om 18:00 om gedekte tafels plaasvind. Die fees word op 17 Junie om 09:30 met ’n nagmaal in die onderste kerk afgesluit. Kaartjies vir die wynproe en snoekete is by die kerkkantoor by 049 842 2357 beskikbaar.
Vergadering: Die Tuinbou en Leefstylklub in Somerset-Oos sal ’n vergadering op 15 Junie om 09:30 in Gill-Kollege se kafeteria hou. Rose-Marie Vermaak sal ’n demonstrasie lewer oor hoe om smorgasborde te pak wat die oog vang en die mond laat water, terwyl Roslynne Strydom die Thermomix gaan demonstreer. Besoekers is welkom teen R50.
State of the District Address: The Chris Hani District Municipality State of the District Address meeting is scheduled to take place at the Siyabulela Hall in Kwanozame tomorrow at 10:00.
Sports Competition: Eastcape Midlands TVET College’s annual intercampus sports competition will take place at the Jubilee Park Sports Fields in Uitenhage on Saturday. The different sporting codes are soccer (for men and women), rugby, netball, volleyball, chess and table tennis. The volleyball matches will take place at the Rosedale Recreational Centre. Teams will be selected to represent EMC at the provincial sport tournament in August. Contact your student liaison officer to sign up.
Hoërskool Cradock: Nooi alle gr. 6- en 7-ouers om op 20 Junie ’n inligtingsekspo by te woon. Leerders word ook genooi om op 21 Junie ’n interaktiewe opedag by te woon. Inskrywings vir 2019 is reeds oop. Vir meer inligting bel 048 881 2784.
Reünie: Oos-Moot Pretoria se matrieks van 1968 sal vanjaar hulle 50-jaar reünie op 15 September hou. Hulle is nog op soek na ’n aantal van hulle klasmaats. Kontak Jan Ferreira by 082 409 3026.
Nanagafees: Elvis Blue sal hierdie jaar by die Nanagafees op 20 Oktober vanaf 10:00 by die Nanaga-padstal te sien wees. Kaartjies teen R120 per volwassene en R60 per kind onder 12 is by 083 438 3636 beskikbaar.
) entertainment
Mathys Roets: Die bekende Afrikaanse sanger sal op 14 Junie om 19:00 in die Laerskool Cradock AB du Toit-saal optree. Die koste beloop R150 per persoon en sal ’n piekniek-ete insluit. Tafels bied sitplek vir 10 persone. Bespreek met Carin by 073 325 7883 of ACVV Cradock by 048 881 3113.
Country Fest: Gerhard Supra sal 8 September in Middelburg by die Country Fest optree. Die fees beloof om ’n besonderse pretdag en kuiergeleentheid vir die hele familie te wees. Enigeen wat belangstel om stalletjies vir die dag te bedryf kan Anet by 062 807 8452 kontak.
- Stuur jou dagboekinskrywings na express@media24.com en sit “Mid-Karoo Dagboek” in die onderwerpveld. Dagboek-plasings is gratis.