) general
Insamelingsprojek:
WANTED, Graaff-Reinet se plaaslike motorfietsklub, is besig met ’n insamelingsprojek ten bate van ACVV Huis van de Graaff. WANTED beoog om soveel moontlik toiletware aan die inwoners te skenk. Enige skenkings van die gemeenskap is welkom. Skenkings kan by Melamine Corner by Fabriekstraat 20, Graaff-Reinet afgelaai word. Op 7 Julie vertrek die klub om 10:00 vanaf GEM-vulstasie in Kerkstraat na Huis van de Graaff om die skenkings te oorhandig. Kontak Sanet Erasmus by 083 638 5745.
German Evening:
Will take place at the Bedford Club on Saturday, July 7. The menu includes Eisbein (smoked pork knuckle) with Rot Kohl (red cabbage) and Kartoffelkloesse (German potato dumplings). The dessert is Apfelkuchen (Apple pie) with cream or ice cream. The cost is R100. Bookings can be made with Sylvia Gaiser on 082 853 6457.
Karoo Writers Festival:
Will take place in Cradock from July 19 to July 22. Special day passes are available until July 15. More details and the full programme are available at karoowritersfestival@gmail.com.
Heritage/Bewaringsfees:
Noupoort, wat sowat 45km vanaf Middelburg geleë is, beplan ‘n Heritage/Bewaringsfees vir 24 September. Die fees gaan in samewerking met die ATKV as hoofborg aangebied word. Bossieveld Gin gaan by die geleentheid ’n gin-proe aanbied. Die oggend sal met ’n pretdraf begin. Stalletjies wat hoofsaaklik deur die plaaslike inwoners beman sal word, sal eetgoed, pret en mooi goed aanbied om te koop en te geniet. Die gaskunstenaar gaan Gertjan Holtshausen wees.
Sasol Solar Challenge:
Internasionale spanne wat aan die Sasol Solar Challenge deelneem, sal weer vanjaar in Middelburg en Graaff-Reinet op 25 September aandoen. Belangstellendes kan die sonkrag-aangedrewe voertuie besigtig by die Hoërskool Middelburg van 09:00 tot 15:00 en in Graaff-Reinet vanaf 16:30 by die Hoër Volkskool. Meer besonderhede sal volg.
) entertainment
André Swiegers:
Die gewilde sanger tree op Saterdag, 4 Augustus om 19:00 by Legends Sports Bar te Graaff-Reinet op. Kaartjies is R120 en sluit ’n ligte ete in. Besprekings kan gemaak word by 066 012 8152.
Country Fest: Gerhard Supra sal 8 September in Middelburg by die Country Fest optree. Die fees beloof om ’n besonderse pretdag en kuiergeleentheid vir die hele familie te wees. Vir stalletjienavrae bel Anet by 062 807 8452.
- Stuur jou dagboekinskrywings na express@media24.com en sit “Mid-Karoo Dagboek” in die onderwerpveld. Dagboek-plasings is gratis.