)
religious
NG Kerk Somerset-Oos:
Sal ’n nagmaal en dankoffer vir Transkeisending op 29 Julie hou. Dankofferkoevertjies is by die deure beskikbaar. Hulle soek ook finansiële bydraes vir die groot koste van klein Stefan Fourie se kankerbehandeling. Vir meer besonderhede kontak die kerkkantoor by 042 243 2080.
Touching Hearts Ministries: Will give an introduction to their Touching Hearts course at 52 Meintjies Street, Middelburg on July 26 at 18:00 in Graaff-Reinet at Profcon on July 30 at 09:00, and in Somerset East on August 3 at a venue to be confirmed. Middelburg and Graaff- Reinet bookings can be made with Julian at 082 579 0488. For Somerset East contact Janette at 072 275 9838.
) general
Sportdag: Die Primêre Skool Karel Theron se laaste tuiswedstryd sal op Saterdag, 28 Julie plaasvind wanneer hulle kragte teen die Laerskool Cradock meet. Inwoners word genooi om die jong spelers reeds van 08:30 te ondersteun en deel te hê in al die opwinding langs die rugbyveld en netbalbane op Middelburg.
Interskole: Middelburg se interskole teen Kirkwood sal op 3 en 4 Augustus in Kirkwood plaasvind. Primêre Skool Karel Theron en die Hoërskool Middelburg se leerders gaan op die gebied van rugby, netbal, skaak, redenaars, tennis en gholf deelneem. Die interskole beloof om ’n taai stryd tussen Middies en die Lemoenboere te wees. Die geesbou begin op 2 Augustus in Karel Theron se saal tydens die “Big Brag”.
) entertainment
André Swiegers:
Die gewilde sanger André Swiegers sal op Saterdag, 4 Augustus om 19:00 by Legends Sports Bar in Graaff-Reinet optree. Kaartjies is R120 en sluit ’n ligte ete in. Besprekings kan gemaak word by 066 012 8152.
- Stuur jou dagboekinskrywings na midkaroo@media24.com en sit “Mid-Karoo Dagboek” in die onderwerpveld. Dagboek-plasings is gratis.