) general






















Interschools: The annual interschools weekend between Union High and Volkskool will take place in Graaff- Reinet on Friday and Saturday, August 10 and 11. Contact Vanessa Harper at 049 891 0262.

Marco Wasserman Tennistoernooi:
Die 10de Marco Wasserman Tennistoernooi sal op 24 en 25 Augustus by die Hoërskool Middelburg plaasvind. Sowat 100 tennisspelers van regoor die Oos-Kaap gaan in ’n A- en B-afdeling by die hoërskool en laerskool in Middelburg op Vrydag en Saterdag mekaar die stryd aansê.

Middelburg Gholfklub:
Hou op 31 Augustus ’n Voeg by die Kroeg-aand om 18:30 vir 19:00. Die toegangsgeld is ’n bottel hardehout in ruil vir ’n “steak en chips” ete. Kinders kan saam eet in ruil vir ’n sespak bier. RSVP voor 25 Augustus met Lezanne Lombard by 073 302 6223.

Dans: Die Laerskool Cradock sal ’n fondsinsamelingsdans op 7 September by The Palms hou. Vanjaar se tema is “Let’s Cross Dress”. Kaartjies beloop R150 en sluit ’n steak-ete in. Kontak me. van der Merwe by 048 881 2239.

Annie’s Angels Paws Run: Sal weer op 8 September vanaf die Middelburgklub plaasvind. Die motorfietssaamtrek in Middelburg is ’n fondsinsamelingsprojek vir die straatdiere. Die fondse gaan na die Middelburg en Noupoort diere-skuilings. Braaipakke sal ook beskikbaar wees.

Middies Erfenis-naweek:
Die geleentheid sal vanaf 21 tot 23 September in Middelburg plaasvind. Alle oud-Middies en ondersteuners is welkom. Vrydag se aktiwiteite sluit in ’n besigtigingstoer deur die skool asook ’n pretbelaaide aand van vermaak met oud-Middie Ilné Fourie. Die laerskoolleerders gaan ’n fliekaand geniet terwyl die hoërskool-leerders saam gaan sokkie. Saterdag is belaai met sportplanne en Sondag word die naweek met ’n erediens in die NG Kerk (Moedergemeente) afgesluit. Kontak die Hoërskool Middelburg by 049 842 1560.

  • Heritage/Bewaringsfees:

Sasol Solar Challenge: Internasionale spanne sal op 25 September met sonaangedrewe motors reeds vanaf 09:00 by die Hoërskool Middelburg aandoen. Om 15:00 sal die sonkarre weer na die Hoër Volkskool in Graaff-Reinet vertrek. Op 26 September vertrek hulle om 07:30 na Stellenbosch waar die finale prysuitdeling op 30 September sal plaasvind. Kontak die Hoërskool Middelburg by 049 842 1560 vir meer inligting.

Summit Wildlife Auction: The third annual Summit Wildlife Auction will be held on Saturday, September 29, in Graaff-Reinet. Contact Rob Hobson at rob@swartrivierwildlife.co.za.

  • ) entertainment Huis Karee in Middelburg lewer. Die koste is R40 per persoon. Bespreek by Irene by 072 467 0936.

Country Fest: Gerhard Supra sal 8 September in Middelburg by die Country Fest optree. Die fees beloof om ’n besonderse pretdag en kuiergeleentheid vir die hele familie te wees. Enigeen wat belangstel om stalletjies vir die dag te bedryf, kan Anet by 062 807 8452 kontak.

Nanagafees: Elvis Blue sal hierdie jaar by die Nanagafees op 20 Oktober vanaf 10:00 by die Nanaga-padstal te sien wees. Dit is ’n fondsinsamelingsprojek vir die Laerskool Nanaga. Kaartjies teen R120 per volwassene en R60 per kind onder 12 is by 083 438 3636 beskikbaar.

  • Stuur jou dagboekinskrywings na midkaroo@media24.com en sit “Mid-Karoo Dagboek” in die onderwerpveld. Dagboek-plasings is gratis.

You need to be Logged In to leave a comment.