)
religious
Lofos-gemeente:
Eredienste vind elke Sondag vanaf 09:30 tot 11:00 by die Laerskool Visrivier in Kerkstraat, Cookhouse, plaas.
APK-gemeente:
Eredienste word elke Sondag om 09:30 in die AP-kerk in Pauletstraat, Somerset-Oos, gehou. Die tye van dienste kan verander.
Afrikaanse Protestante Kerk (Aberdeen):
Die AP Kerk in Aberdeen se dienste vind op die eerste Sondag om 11:00 plaas. Kontak ds. Ben Wiese by 066 235 7700.
Afrikaanse Protestante Kerk (Adendorp):
Die AP Kerk in Adendorp se dienste vind op die eerste Sondag om 09:00 plaas. Kontak ds. Ben Wiese by 066 235 7700.
) general
Jenewerproe-aand:
Die Spandau-tak van die ATKV in Graaff-Reinet sal op Vrydag, 5 Oktober, om 18:00 vir 18:30 ’n Jenewerproe-aand in die “Volksie” by die Hoër Volkskool aanbied. Kaartjies is R75, verversings ingesluit. Kontak Wessel Cronjé by 072 700 9490.
Bierfees: Die Middelburg Cape Club sal op Saterdag, 6 Oktober vanaf 18:00 ’n Cowboy en Cowgirl Bierfees aanbied. Belangstellendes kan hulle cowboy of cowgirl uitrustings aantrek en saam kuier, dans en eet. Spanne van vier kan vir die potjiekoskompetisie inskryf. Bestanddele word voorsien. Toegang van R100 sluit ’n ete en bier in. Kontak Rencia by 082 681 2807.
Wildlife Charity Fundraiser:
The fifth annual Wildlife Charity Fundraiser will take place at Custom Motors in Cradock on October 12 at 18:30. The guest speaker will be Jean de Villiers. Tickets at R200 are available from Megan at 083 799 4999.
Wêreldonderwysersdag: Omdat dié dag vanjaar op 5 Oktober tydens die skoolvakansie val, het FEDSAS, die leier in skoolbeheer- en bestuur, ’n beroep gedoen op oud en jonk om op 12 Oktober hul skool of onderwyser te kontak en bedank vir hul onmisbare rol.
Jaarvergadering:
Die Afrikaanse Christelike Vrouevereniging van Middelburg nooi belangstellendes na hulle algemene jaarvergadering wat op 15 Oktober om 14:30 in die ACVV-saal by Loopstraat 2 plaasvind. Almal is welkom.
Vier Seisoene-koorfees: Die ATKV-tak Rhenosterberg sal op 17 Oktober om 18:30 die Vier Seisoene-koorfees by die NG Kerk in Middelburg aanbied. Daar sal verskeie kore en ’n ensemble van klavier, viool, klarinet en saksofoon, asook ’n sanger van Bloemfontein wees. Toegang is R10. Kontak Gerrit Coetzee by 082 748 6841.
Koorfees:
Die Middelburg ATKV-koorfees sal op Donderdag, 18 Oktober, om 19:00 in die NG Kerk Middelburg Karoo plaasvind. Inskrywings is gratis. Kontak die ATKV-voorsitter, Gerrit Coetzee, by 082 748 6841.
Lormar Event:
The Lormar Endurance FEI 3* and ERASA Horse event will take place 60km outside Middelburg on the dirt road towards Richmond on October 19 and 20 over an 80km, 120km and 160km ride.
Stap vir Kanker:
Middelburg Spar se 5km stap/draf vir kanker gaan op 20 Oktober plaasvind. Belangstellendes kan Maandae tot Vrydae vanaf 14:00 tot 16:30 by Spar gaan inskryf. Die koste beloop R20 per volwassene en R10 per kind. Die wegspringtyd is 07:30 vanaf Ons Handeshuis/Spar op Middelburg.
Boekbekendstelling: Bekende evangelis en motiveringspreker Johnny Louw gaan op 20 Oktober om 18:30 sy nuwe boek, Namakalandstories, by die Karoo-teater van die Victory Open Church in Nuwestraat, Middelburg, bekendstel.
Christmas Market: Ouma Plaas Christmas Market will take place at the Voortrekker grounds in Beaufort Street, Somerset East, on December 8 from 09:00. There will be refreshments, handmade items, home-made goods and fun for the children. Stalls are still available. Entry is R10 per adult and free for children. Contact Lizan at 084 036 0209.
Karoo Collective, Art and Design:
Karoo Collective will be hosting an exhibition of oil paintings and bespoke furniture at 108 Caledon Street in Graaff-Reinet until December 2018. For more info contact 071 464 8342 or 082 614 5833.
) entertainment
Musikale Huldeblyk:
’n Musikale huldeblyk aan ABBA, “Thank You For The Music”, sal op Vrydag, 12 Oktober om 19:30 in die John Rupert-teater in Graaff-Reinet aangebied word deur die Nasionale Toneel-organisasie. Kaartjies teen R100 per volwassene en R60 per kind onder 13 is beskikbaar by die toerismekantoor. Kontak 049 892 4248.
Nanagafees: Elvis Blue will be performing at this year’s Nanagafees at Nanaga Farm Stall on October 20 at 10:00. The festival is a fundraiser for Nanaga Primary School. There will be kids’ entertainment, live music, a wide variety of stalls and much more. Tickets are R120 per adult and R60 per child under 12. Contact Yolandi Fourie at 083 438 3636 or go to www.qkt.io/nanaga.
Besoek:
Dowwe Dolla en Wicus van der Merwe gaan Graaff-Reinet op 9 November om 19:30 vir 20:00 by Pioneers Restaurant besoek. Kaartjies is beskikbaar teen R120. Kontak 049 892 6059.
- Stuur jou dagboekinskrywings na midkaroo@media24.com en sit “Mid-Karoo Dagboek” in die onderwerpveld. Dagboek-plasings is gratis.