‘Die Beer’ vermaak leerders

OP Vrydag, 9 Februarie het leerders van die Hoërskool Cradock, Gill Kollege en Adelaide Gimnasium die voorreg gehad om na ’n humoristiese vertoning te kyk wat gehandel het oor stylfigure, beeldspraak en die bou van die drama.

JP Productions, ’n teatergeselskap van Gauteng, lê jaarliks besoek af by die Hoërskool Cradock en het die leerders met die Anton Chekhov-stuk Die Beer gehelp om die bogenoemde aspekte van taal en drama te verstaan.

Skitterende teaterspel en tong-in-die-kies teks het leerders se aandag vasgevang en verseker dat hierdie vertoning nie gou vergeet sal word nie.

CHS bedank ook graag die buurskole en leerders wat hierdie vertoning bygewoon het.

You need to be Logged In to leave a comment.