Die gevare van rou riool

In ’n ideale situasie sal ’n residensiële gebied ’n ten volle funksionerende watersuiwerings-aanleg hê waar die nodige fisiese, chemiese en biologiese prosesse gevolg word ten einde skoner, veiliger water weer vry te stel in die omgewing.


In ’n ideale situasie sal ’n residensiële gebied ’n ten volle funksionerende watersuiwerings-aanleg hê waar die nodige fisiese, chemiese en biologiese prosesse gevolg word ten einde skoner, veiliger water weer vry te stel in die omgewing.

Wanneer dié prosesse egter nie gevolg word nie, soos reeds die afgelope maande in Cradock en Middelburg die geval is, het dit katastrofiese implikasies vir mens (en dier) wat daarmee in aanraking kom.


Hier volg ’n lys van agt potensieël dodelike
bakterieë, virusse en parasiete wat in rioolwater kan voorkom.

1. Die E. coli bakterie is een van die hoof-oorsake van voedselvergiftiging. Hoewel besmetting bekamp kan word deur onder meer groente en vrugte af te spoel voordat dit geëet word, het navorsing bewys dat voedsel wat met E. Coli besmet is as gevolg van besoedelde besproeiingswater, die bakterie sistemies opneem en dus steeds voedselvergiftiging kan veroorsaak.

2. Salmonella is ’n baie geharde bakterie wat lank buite ’n gasheer kan oorleef. Dít maak hierdie bakterie een van die mees gevaarlike soorte bakterieë. Dit veroorsaak onder meer gastroënteritis en tifuskoors, albei potensieel dodelike infeksies.

3.Campylobacter Jejuni bakterie is een van die mees algemene oorsake van gastroënteritis. Alhoewel die aandoening gewoonlik binne ’n paar dae kan oorwaai, kan besmetting met dié bakterie lei tot Guillain-Barrésindroom, die hoofoorsaak van akute verlamming in Suid-Afrika.

4. Listeria is ’n baie algemene bakterie wat ’n potensieel dodelike infeksie, Listeriose, kan veroorsaak. Mense met ’n verswakte immuunstel, soos bejaardes, vigslyers en kan-kerpasiëne, kan vanweë besmetting met listeria potensieel noodlottige meningitis en septisemie opdoen. (Hoewel die definitiewe oorsaak nie vasgestel sal kan word nie, is dit hier tog noembaar dat ’n positiewe diagnose van meningitis in Julie vanjaar in Middelburg gemaak is. Die pasiënt het daaraan beswyk.)

5. Die Adenovirus, ’n baie algemene virus in rou riool, veroorsaak ooginfeksies, bronchitis, kroep en longontsteking.

6. Cryptosporidium is ’n parasiet wat maande lank in water kan oorleef. Dit word inge-neem wanneer besmette water gedrink word, en is ’n baie moeilike parasiet om te behandel.

7. Die Norovirus is wêreldwyd een van die mees algemene virale oorsake van gastroënteritis. Dit kom voor in riool, maar kan ook voedselbronne besoedel, en is hoogs aansteeklik.

8. In Suid-Afrika is die Rotavirus een van die mees algemene oorsake van diarree by babas

Mid-Karoo Express het met dr. Norma Mohr, ’n algemene praktisyn in Middelburg, gepraat. “Die gevare van rou riool is verreikend vir mens, dier en die ekosisteem. Dit is ’n kommerwekkende situasie. Nie net is virusse, bakterieë en parasiete ’n wesenlike gevaar vir mens en dier nie, maar muf groei ook binne drie dae op die rou riool en kan ernstige respiratoriese komplikasies veroorsaak.”


Sy maak die volgende aanbevelings:

  • Moenie in besoedelde water loop of speel nie
  • Was hande gereeld en deeglik
  • Kook drinkwater, veral vir babas, bejaardes en immuunverswaktes.

You need to be Logged In to leave a comment.