André en Marisha Herselman is onlangs in die huwelik bevestig.FOTO:LEON HERSELMAN


ANDRÉ Herselman, enigste seun van Willem en Alta Herselman van Wilgepos in die Hofmeyr-distrik, het die afgelope naweek in die huwelik getree met Marisha Pretorius, dogter van Willem en Brenda Pretorius van Bloemfontein.

André en Marisha is werksaam by Park West se kunsgallerye op al die groot bote waar André ook as afslaer optree.

Die huweliksbevestiging was by Running Waters in Port Elizabeth.

Spesiale gaste wat die geleentheid kom bywoon was van André se oorsese vriende, Oupa en Ouma André en Martie Herselman vanaf Tarkastad en Marisha se oupa Shaun was ook teenwoordig. Die egpaar sal hul wittebrood op Zanzibar deurbring en begin eersdaags weer op die bote te werk.

You need to be Logged In to leave a comment.