Distriksmunisipaliteit gee inwoners grys hare

WATERLEKKASIES, oorstromende afvoerpype, verkeerde of onvoltooide rekeninge vir water en riool . . . dít is maar enkele van die probleme waarmee verbruikers in Cradock die afgelope vier jaar al sukkel.


WATERLEKKASIES, oorstromende afvoerpype, verkeerde of onvoltooide rekeninge vir water en riool . . . dít is maar enkele van die probleme waarmee verbruikers in Cradock die afgelope vier jaar al sukkel.

Die Chris Hani-distriksmunisipaliteit (CHDM) het op 1 Julie 2014 – nou al meer as vier jaar gelede – die watervoorsiening en ri-ooldienste van Inxuba Yethemba-munisipaliteit (IYM) weggeneem en sedertdien is daar nog geen oplossing vir die voortdurende chaos gevind nie. Aan die begin van die 2017-boekjaar het CHDM aangekondat hulle die rekeninge van 1 Julie 2014 tot 30 Junie 2017 “eenkant gaan sit vir verdere ondersoek” sodat hulle korrekte rekeninge vir die afgelope nuwe jaar kon lewer. Van hierdie aankondiging het egter niks gekom nie, aangesien onvoltooide en foutiewe rekeninge, asook rekeninge wat gerig is aan persone wat meer as vier jaar gelede oorlede is of die dorp verlaat het, steeds gelewer word.

Een van Mid-Karoo Express se korrespondente op Cradock het onlangs ’n rekening vir waterverbruik van CHDM ontvang waarin hulle beweer daar is in Desember 2017 soveel as 453 kiloliters water teen R8 938,99 in die huis – waar een persoon woon – verbruik.

Alhoewel Bulelane Lucando, areabestuurder van CHDM, vir Mid-Karoo Express verseker het dat daar op die oomblik geen rioollekkasies in Cradock of Michausdal is nie, is lekkende waterpype en oorspoelende rioolpype voortdurende probleme wat aanhoudend opduik.

You need to be Logged In to leave a comment.