Drie Stemme bied weer ‘Skouspel’ aan

DIE gemeenskap van Somerset-Oos is uiters bevoorreg dat Drie Stemme vanjaar weer Skouspel aanbied!.


DIE gemeenskap van Somerset-Oos is uiters bevoorreg dat Drie Stemme vanjaar weer Skouspel aanbied!

Die Laerskool Gill Skouspel – ’n Aand om nooit te vergeet nie – vind op 23 en 24 Mei plaas.

Drie Stemme bestaan uit die talentvolle sangers Tiaan Lötz, Sid Watson en Prieur du Plessis. Die gaskunstenaars is Jomari en leerlinge van Gill. Dis ’n groot voorreg om Jomari, ’n oud-Gilliaan en be-kende Suid-Afrikaanse sangeres, in lewende lywe te kan sien optree.

Woensdag, 23 Mei is die openingsaand van die Laerskool Gill Skouspel. Dié betrokke aand sal daar slegs sitplekke beskikbaar wees. Donderdag, 24 Mei is Laerskool Gill Skouspel se gala-aand. Vir hierdie geleentheid is tafelbe-sprekings beskikbaar en ná die optrede sal ’n ligte ete bedien word. Albei optredes vind by die Gert Smit-saal by Gill plaas.

Kaartjies vir die Laerskool Gill Skouspel is by die skool beskikbaar. Vir navrae, kontak Lindie Lötz by 083 292 3738.

Dit is die vierde Skouspel wat Drie Stemme aanbied en soos in die verlede, beloof die program om baie besonders te wees. Die Laerskool Gill Skouspel is ’n fondsinsamelingsprojek ten bate van Laerskool Gill. – MEDEWERKER

You need to be Logged In to leave a comment.