Du Raan is matrikulant van die jaar finalis

MICHAEL du Raan wat vanjaar ‘n gr. 12-leerder aan Gill-Kollege is, is pas aangewys as een van die 25 semi- finaliste in die matrikulant van die jaar kompetisie aangebied deur die Universiteit van die Vrystaat en Volksblad.

Die kompetisie word gekenmerk deur ’n geweldige hoë standaard. Inskrywings van oor die land heen is ontvang en daarom is dit so ’n uitsonderlike prestasie om as een van die topgroep van 25 aangewys te word.

Die kriteria is akademiese prestasies, leierskap, deelname aan sport, kulturele aktiwiteite en betrokkenheid in die gemeenskap.

Benewens R3 000 prysgeld, geborg deur die Kovsie Alumni-Trust, ontvang Du Raan ook ’n studiebeurs sodra hy in 2019 ’n volwaardige Kovsie word.

You need to be Logged In to leave a comment.