Eerste bergfiets en hindernis tussen Pekanbome deur

IN die Groot Visriviervallei, waar daar duisende pekanbome aangeplant is, is daar vanjaar vir die eerste keer pekan-bergfiets, pad- en hinderniswedlope op die Sanctuary Gaste- en Avontuurplaas gehou.


IN die Groot Visriviervallei, waar daar duisende pekanbome aangeplant is, is daar vanjaar vir die eerste keer pekan-bergfiets, pad- en hinderniswedlope op die Sanctuary Gaste- en Avontuurplaas gehou.

Volgens Wessel Cloete was daar aktiwiteite en vermaak vir die hele gesin. Daar was ook stalletjies wat onder meer pekanneut-tertjies, lamsvleis, craftbier, koffie en tuisgemaakte sappe verkoop het.

Cloete sê die verskillende wedlope het onder meer roetes tussen die pekan- boorde, teen die Visrivier, oor bruggies en paadjies tussen die riete deur, inge-sluit.

“Daar was ook ’n hinderniswedloop met dertig hindernisse, insluitende ’n modderbad en die mense het hulle gate uit geniet,” het hy gesê.

Marcell Swartz het die vinnigste bergfietsrondte van 15 km in ’n tyd van 40 minute voltooi. Wenners van die 45km berg- fietswedren, was Greg Stroud (2:01) gevolg deur Tiaan Naude (2:37) en Lindi van Vuuren (2:40). Die 15km padwedloop is gewen deur Bongi Bottleman (1:02) met Fanie Zamiwongo (1:04) in die tweede en Joan Viljoen (1:16) in die derde plek.

Die volgende byeenkoms vind die na-week van 14 tot 16 Desember plaas en hierdie geleentheid beloof om hope pret vir die hele familie in te sluit. Benewens die afgelope naweek se kompetisies, beplan hulle ook boeresport, potjiekoskompetisies, foefiegly, en om op binnebande op die rivier te ry. Vir meer inligting kan Wessel Cloete by thepecantrails@gmail.com of by telefoon 0828213254 gekontak word.

You need to be Logged In to leave a comment.