VERLEDE week se berig “Planne vir Cradock se werkloses” wat gehandel het oor die opleiding vir werkloses om hulself te bemagtig, het groot belangstelling gelok en ’n hele paar helpers het al aangemeld.
Volgens Elsie Lyell, een van die organiseerders, is hulle nog dringend op soek na mense wat klasse in houtwerk, hekel, découpage en skilder kan aanbied.
Hulle is ook op soek na naaldwerk- en breimasjiene wat nie meer gebruik word nie en ontvang graag breinaalde, wol, garing, lap en hekelnaalde wat vir die projek gebruik kan word.
Intussen is daar ook besluit om ’n potloodskets-kompetisie by skole te loods. Die ouderdomskategorieë is 7 tot 11, 12 tot 15 en 16 tot 18. Kinders kan meeding met ’n skets van ’n tolbossie, bergkwagga, Congregational kerk of een van die Groot Vyf.
Vir meer besonderhede kontak Elsie Lyell by 067 069 5965.