Etienne van Heerden-veldsoirée ’n sukses

CHANETTE Paul en Kia en Etienne van Heerden – Chanette Paul was een van die aanbieders van die gratis werkswinkel vir voornemende prosaskrywers wat verlede Vrydag (21ste) in die Victoria Manor aangebied is.


CHANETTE Paul en Kia en Etienne van Heerden – Chanette Paul was een van die aanbieders van die gratis werkswinkel vir voornemende prosaskrywers wat verlede Vrydag (21ste) in die Victoria Manor aangebied is.

Sy het ook die Sondag by Dirosie Lodge ‘n spreekbeurt gehad. Sy is reeds besig met ‘n nuwe roman.

Etienne van Heerden het verlede Donderdagaand die soirèe ingelei met ‘n openingslesing vir voornemende skrywers en Saterdag lekker oor sy boeke en die tonele en geboue wat hom geinspireer het, gesels. Hy het ook vertel van mense wat oor die jare sy inspirasie was en erken dat die Karoo steeds sy beste skryfarea is.

Jo Els, landdros van Tarkastad en bekende aspirantskrywer wat hier gesels met Izak de Vries wat ook deel was van die gratis werkswinkel vir aspirantskrywers. Hy is verbonde aan LAPA uitgewers en het tydes sy spreekbeurt Saterdagmiddag vornemende skrywers aangeraai om in hul manuskripte te ‘speel’ met sake van die dag in die vorm van werklikhede soos plaasmoorde, droogte en rassekonflik.

Clinton du Plessis het in sy tong-in-die-kies wyse voorgelees uit al sewe sy digbundels waarvan party, in sy eie woorde, aanvanklik baie polities was, maar later ‘makker’ geword het. Hy het ook van sy grappige en soms stoute gedigte voorgelees.

Prof. Willie Burger het Die wêreld van Charlies Oeng ontleed en gesê dat Van Heerden in hierdie boek, net soos in baie van sy ander boeke, die kuns het om sy lesers uit hul eie wêreld te trek en daarmee jou hele lewe te verryk.

Kirsten Miller en Tracy Going was die enigste twee Engelse skrywers by die soirèe. Miller, wat al die pad van Kanada af gekom het om die soirèe by te woon, het haar boek, The Hum of the Sun, wat van ‘n familiegeskiedenis met ‘n downs-sindroomkind vertel, bekend gestel.

Tracy Going het haar lewensverhaal van hoe sy oorleef het met ‘n pa wat haar ma mishandel het en toe later met ‘n soortgelyke man getrou het, vertel. Sy het uiteindelik in die hof beland en gesê dat sy die boek geskryf het sodat die wêreld se oë kan oopgaan oor die mishandeling wat sommige vroue moet verduur.

You need to be Logged In to leave a comment.