Fietstrap oppad na Steynsburg

TREK 2 Teebus (The race to freedom) se uitdagende 3-dae MTB fietstrap vind vanaf Vrydag, 27 April tot Sondag, 29 April in die Steynsburg-distrik plaas.


TREK 2 Teebus (The race to freedom) se uitdagende 3-dae MTB fietstrap vind vanaf Vrydag, 27 April tot Sondag, 29 April in die Steynsburg-distrik plaas.

Hierdie is die heel eerste maal dat dit plaasvind en behoort verseker ’n groot hoogtepunt op elkeen se almanak te wees. Harmonie Plaasmark gaan ook dan die heerlikste varsgebak, plaasprodukte, braaivleis, tuisgebak en etes te koop aanbied.

Organiseerders het gesê dat die Vrydag se 72km fietsryroete (oor Bulhoekpas) nie tegnies is nie om van die plaaslike ryers ook te akkommodeer. Die gemiddelde fietsryer behoort dit in so vier ure te kan voltooi. Hulle versoek egter dat die ryers wat wel die Vrydag kom deelneem, fiks moet wees omdat die res van die veld rede-like gesoute ryers is.

Belangstellendes kan organiseerder Rohan by 083 659 4514 bel of ’n e-pos stuur aan rohan@petrichoradventures.co.za.

Trek 2 Teebus word deur Petrichor Adventures (Pty) Ltd gereël. Hulle bied ook die “Around the Pot 100miler” jaarliks op Swellendam aan. Rohan Germishuys en Rudolf Botha, eienaars van dié besigheid, het albei ’n passie vir fietsry en wil graag iets na Steynsburg en omgewing bring. Rohan en sy vrou Emmie het albei ’n liefde vir Steynsburg met hul familie wat daar bly.

Vir diegene wat nie die mees avontuurlustige fietsryer is nie, is Harmonie van Charles en Klaudia Viljoen, 72km vanaf Middelburg ná Steynsburg, steeds ’n ideale kuierplek vir die langnaweek.

Besoek gerus die webblad www.petrichoradventures.co.za of op Facebook by Trek2Teebus vir meer inligting oor die Trek 2 Teebus langnaweek in die Karoo.

You need to be Logged In to leave a comment.