’n Fietsryer tydens verlede jaar se uitdaagwedren.Foto: VERSKAF


SWAERSHOEK se bergfiets-uitdaagwedren vind vanjaar weer saam met die Karoo Kosfees van 27 tot 30 April in Cradock plaas.

Daar is reeds groot belangstelling in al drie die afdelings van 80km, 45km en 20km, asook die kleinspan se wedrenne op die gholfbaan.

In die 80km-afdeling gaan deelnemers vanjaar die Swaershoek-bergpas op en kom hulle met jeep-spoorpaadjies af wat by die 40km-roete aansluit. Die twee korter roetes is effens makliker en gaan verby die Hoër Landbouskool Marlow se veld, verskeie spilpunte en melkplase.

Daar is ’n verskeidenheid paad-jies op al die roetes wat wye, oop distrikspaaie, tweespoor- sowel as enkelspoorpaadjies insluit. Die roetes is spesiaal deur Philip de Wet vir die geleentheid uitgelê.

Die Swaershoek bergfiets-uitdaagwedstryd is baie interessant vir beginners en gesoute ryers sal al die uitdagings op hul pad baie geniet.

Die kleinspan se resies sorg altyd vir lekker pret vir die kinders. Hulle begin op die gholfbaan en volg dan die lekker en maklike roete wat Jack Adam vir hulle uitgewerk het.

Daar is vanjaar ’n paar lekker pryse vir die kinders om te wen tydens die wedren.

You need to be Logged In to leave a comment.