Filmsterre by Cradock se kermis

WAT na verwagting een van Cradock se grootste kermisse sal wees, vind Saterdag op die hokkieveld van die Laerskool Cradock plaas.


WAT na verwagting een van Cradock se grootste kermisse sal wees, vind Saterdag op die hokkieveld van die Laerskool Cradock plaas.

Dié kermis gaan die agtergrond vir die verfilming van die reeks Spoorloos vorm wat tans op Cradock geskiet word.

Inwoners wat graag een van hul gunsteling Afrikaanse akteurs van naderby wil sien, moet beslis ’n draai by die kermis gaan maak. Volgens die organiseerders sal akteurs soos Kim Syster, Amalia Uys, Deon Coetzee, Catriona Andrew, Francois Jacobs, Zane Meas, Hannes van Wyk, Liz Meiring en Morné Visser teenwoordig wees.

Alle kermisgangers sal ekstras in die agtergrond wees en kan moontlik op die televisie verskyn.

Volgens die organiseerders van die kermis gaan daar 45 stalletjies met ’n groot verskei-denheid artikels te koop wees. Baie van hulle is kosstalletjies, so mense word aangeraai om honger na die kermis te kom.

Na verneem word gaan daar ook Inflatafun vir die kinders wees, asook ’n fiktiewe wedloop en ’n verhoog waar ’n plaaslike kunstenaar musiek gaan maak. By een van die stal-letjies sal dié wat wil meedoen aan die Karoo Kosfees (27 tot 30 April) ook kan registreer.

Die kermis begin Saterdag, 10 Maart om 09:00 en eindig om 16:00. Ingangsgeld vir volwassenes is R10 en kinders R5.

You need to be Logged In to leave a comment.