Vervolg vanaf bl.1

Paaie en slaggate – Volgens Msweli sal die tegniese departement van IYM vanaf 1 Julie begin met herstelwerk aan slaggate, sypaadjies en die herseël van paaie. Die Forum het versoek dat IYM veral aandag skenk aan Midros se strate. Hulle het ook voorgestel dat IYM meer aandag skenk aan werkskeppingsprojekte soos die plaaslike vervaardiging van plaveistene, wat dan gebruik kan word om strate op te gradeer.

  • Munisipale geboue – Die Forum het dit onder Msweli se aandag gebring dat verskeie munisipale geboue en sale dringende onderhoud nodig het, en dat hierdie slordige eiendomme afbreuk doen aan die dorp se beeld. Intussen het IYM toestemming aan die Forum verleen om weer die publieke toilette oorkant die hofgebou op te gradeer en te heropen.

Volgens Kruger het die Forum groot waardering daarvoor dat Msweli die inisiatief geneem het om hierdie vergadering te belê.

“Die munisipale bestuurder wil ook in die nabye toekoms met alle plaaslike sakepersone vergader om ekonomiese vooruitgang en werkskeppingsprojekte in samewerking met IYM te bespreek. Ons is dankbaar dat IYM nie ’n dowe oor na ons draai nie.

“Die dorp se besighede en belastingbetalers wil graag ’n goeie verhouding met IYM bou,” het sy gesê.

You need to be Logged In to leave a comment.