KAROOBOS Lodge het hulself weer oortref die afgelope Vrydagaand met ’n Franse ete uit die boonste rakke.
Die sjef, André Schoeman, het ’n keurige Franse ete saamgestel met die volgende op die spyskaart: Franse baquettes, Coq au Vin, Au gratin aartappeldis en crème bruleé.
Gaste het tot laat gekuier en die maitre d’ hôtel Aramis wat tot laatnag nog aan diens om gaste gelukkig te hou terwyl kaartspel voortgegaan het.