Gemengde uitdaging

HOFMEYR-rolbalklub het die afgelope naweek ’n uiters suksesvolle gemengde spel-uitdaging gehou.

Van links is Robert Lord, Karin Lord, Charles Lord en Lennox Edwards, die wenners van die Mei 2018 Mixed Classic. FOTO: TERESA OPPERMAN

Credit: SYSTEM

HOFMEYR-rolbalklub het die afgelope naweek ’n uiters suksesvolle gemengde spel-uitdaging gehou.

Altesaam 56 spelers het opgedaag en spanne vanaf Bethulie, Burgersdorp, Komani, Tarkastad en Bathurst het die lang pad aangedurf om te kom speel.

Die grasbaan onder bestuur van Willem Herselman en Penny Godfrey, het groot respek afgedwing en lekker vinnige rolbal kon gespeel word.

Terwyl die hele wêreld Saterdag na die koninklike troue ge-sit en kyk het, het Hofmeyr saamgestaan om die wedstryd tussen die plaaslike “konink-likes” – die King’s (onder leiding van Keith King) en die Lord’s (onder leiding van Robert Lord) te kyk, en wat ’n spel was dit nie.

Die span van Lord, met Karin Lord, Charles Lord en Lennox Edwards, het as wenners uit die stryd getree.

Alle deelnemers kon verpakte vleis huis toe neem.

Die vleis was skenkings vanuit rolbalgeledere en is verwerk en verpak deur Hofmeyr-slag-huis. Talle borge het ook ruim tot die sukses van die naweek bygedra.

  • Intussen het Hofmeyr-rolbal onlangs hul aandliga afge-sluit omdat dit nou te koud raak om so laat op die rolbalbaan in wind-en-weer, onder die sprei-ligte, te kuier.

Die wenners van die afgelope seisoen was die span van Matt Philps met Roelf Steyn, Hannatjie Philps en Troepie Pienaar. Troepie het die laaste wedstryde met ’n been in gips ge-speel, maar selfs dit kon nie hul oorwinning keer nie.

Eric Maskell en sy span het die algehele tweede plek behaal.

Die aandliga het hierdie jaar elke Woensdagaand ’n vol baan getrek en die geleenthede is telkens met ’n hamburger-ete in die klubsaal afgesluit.

Daar word weer aandliga-wedstryde beplan vanaf September en die klubvoorsitter Willem Herselman berig ook dat daar van die aandliga-spelers ook nou op Saterdae inskakel by die sosiale rolbal.

You need to be Logged In to leave a comment.