Gemengde uitslae vir CHS-spanne by Despatch-toernooi

DIE Hoërskool Cradock se eerste netbal- en rugbyspanne het op Vrydag, 23 en Saterdag, 24 Maart aan die Despatch-sportfees deelgeneem.


DIE Hoërskool Cradock se eerste netbal- en rugbyspanne het op Vrydag, 23 en Saterdag, 24 Maart aan die Despatch-sportfees deelgeneem.

Van die top netbal- en rugbyskole in die Oostelike Provinsie was teenwoordig en dit was goeie opwarmingswedstryde vir die res van die seisoen.

Netbal

Alhoewel CHS swak begin het teen Despatch en met 18-7 verloor het, het hulle daarna al hoe beter saam gespeel.

Teen Framesby het dit al beter gegaan en het hulle 12-6 verloor. CHS het uitstekend teen Brandwag ge-speel en was ongelukkig om met 11-9 te verloor. Teen DF Malherbe was hul kompeterend, maar kon nie ’n teenvoeter vir die baie lang doel vind nie, en verloor met 15-10.

’n Goeie oorwinning van 12-10 is teen DSG behaal en teen Otto du Plessis het hulle met 12-4 gewen.

Die vertonings teen die top skole was bemoedigend. Ansu du Plessis, ’n oud-leerder van CHS en voormalige NMU-speler, het onlangs ’n uitstekende netbalkursus vir die CHS-spelers aangebied. Dit het hulle gehelp om hul balvaardigheid en algemene spel te verbeter.

CHS is verteenwoordig deur Ilana Steenkamp (kaptein), Houghlynne Swarts, Tamsyne Lottering, Sigcobile Nkosana, Simamkele Shweleni, Chamrine Booysen, Lenay Booysen, Andrea Felix, Anika Hay en Marileigh Stuurman.

Rugby

Die Kwaggas het teen Otto du Plessis en Westering gespeel.

In die wedstryd teen Otto du Plessis het albei spanne hard gespeel, maar teen halftyd was die telling steeds 0-0.

Ná uitputtende aanvalle het die manne van Otto du Plessis deurgebreek en hul eerste punte aangete-ken, om die wedstryd in die laaste minute 7-0 te wen. Raymond Tom het ’n goeie wedstryd gehad en is as die speler van die wedstryd aangewys.

Die manne van CHS het op die Saterdag teen Westering gespeel en het weer puik verdediging gewys. Ook op die aanval het die Kwaggas goed gevaar en Cherwin Butler het ’n goeie drie gedruk. Westering het goed terug gekom om die telling teen halftyd 5-5 te maak.

In die tweede helfte was dit egter Westering wat twee geleenthede benut het en ’n verdiende twee drieë gedruk het om die kragmeting 19-5 te wen.

In albei hierdie wedstryde het die CHS-spelers hul staal gewys deur goeie uitslae teen die groter stadskole te lewer.


Rugbyspelers deur na distriksproewe

Op 6 Maart het die sone rugby-proewe by die Roversvelde in Cradock plaasgevind. Skole wat aan die proewe deelgeneem het, was Hoërskool Cradock, Hoër Landbouskool Marlow en Michausdal Sekondêre Skool.

CHS se spelers het baie goed ge-vaar en die keurders beïndruk met hul spel. Die o.16- en o.18-rugbyspelers het aan hierdie proewe deelge-neem en altesaam 11 spelers van CHS is tot die onderskeie A- en B-spanne gekies wat aan die volgende rondte distriksproewe gaan deelneem.

Die volgende spelers van CHS is in die o.16A-span ingesluit: A. Collett (haker) en S. Vabaza (flank).

In die o.16B-span is vyf van Cradock se spelers ingesluit, naamlik O. Yanta (stut), K. Papu (flank), F. Colarossi (agtsteman), R.Miners (skrumskakel) en S. Kumm (vleuel).

Die Kwaggas word ook goed verteenwoordig in die o.18-spanne met D. Schoeman (agtsteman) en I. Booysen (vleuel) wat in die A-span ingesluit is. B. Pentz (vleuel) en C. Jabobs (vleuel) is ook ingesluit in die B-span.

You need to be Logged In to leave a comment.