Gert van Tonder sing harte vol heimweë

DIE beminde Afrikaanse sanger en liedjieskrywer, Gert van Tonder en sy vrou het Maandag, 20 Augustus die bejaardes en gaste by Huis Karee op Middelburg kom vermaak met sy sang, staaltjies uit die verlede asook grappies wat hulle baie geniet het.

Van Tonder het vroeër jare saam met Sias Reinecke opgetree as Groep Twee. Die liedjie “Sproet- jies”, wat Sias Reinecke bekend gemaak het, is deur Van Tonder ge-skryf. Die gehoor het dit baie geniet om hom dit persoonlik te hoor sing.

Ander bekende treffers wat hy ook vir hulle gesing het, was onder andere “Butterfly” en “Ou Kraal Liedjie”. Al die treffers uit die verlede het baie heimweë in die harte gebring en daar is heelwat trane tussendeur weggevee.

You need to be Logged In to leave a comment.