Gholfdag vir Pienk Bome

OP 7 April word ’n gholfdag gehou as ’n fondsinsamelingspoging om Pink Trees te ondersteun.


OP 7 April word ’n gholfdag gehou as ’n fondsinsamelingspoging om Pink Trees te ondersteun.

Die nie-winsgewende organisasie werk hard om kankerpasiënte in die Somerset-Oos gemeenskap by te staan deur middel van bederfpakkies, etes, vervoer na Port Elizabeth vir behandeling, versorging en sommer nog baie meer.

Dr. Janita Saayman, voorsitter van die organisasie, versoek dat mense wat belangstel om ’n helpende hand na kankerpasiënte in nood uit te reik, ’n putjie by die gholfdag teen R500 kan borg.

Borge kan dan hul advertensiemateriaal by hul putjie oprig.

Toegang tot die American Scramble-spel is R250 per persoon.

Twee of meer deelnemers kan ’n span vorm om saam te speel.

Hierdie is ’n pret gholfaktiwiteit wat deur baie gespeel en deur almal geniet word. Kontak Riëtte Lombard by 072 595 5195 of pierrelombard5@gmail.com.

You need to be Logged In to leave a comment.