BY die Despatch-sportfees op Saterdag, 24 Maart het Gill-Kollege se netbal-, hokkie- en rugby-spanne deelgeneem en gemengde welslae behaal.
Tydens die hokkie-wedstryde het Gill-Kollege vir Despatch met 6-0 getroef voordat hulle teen Hoërskool Nico Malan, Burgersdorp en DF Malherbe gelykop gespeel het.
Wat rugby betref het Gill onoorwonne van die veld gestap nadat hulle Wittedrift 18-15 geklop het.
Hoewel Gill se netbalspan goeie gees gehad het, het hulle ongelukkig al drie hul wedstryde verloor.