Gill herdenk Madiba se 100ste

DIE baie spesiale byeenkoms ter herdenking van Nelson Mandela se 100ste verjaardag is op Woensdag, 18 Julie op die sportvelde van Gill-Kollege aangebied en is deur ongeveer 1 000 mense bygewoon.


DIE baie spesiale byeenkoms ter herdenking van Nelson Mandela se 100ste verjaardag is op Woensdag, 18 Julie op die sportvelde van Gill-Kollege aangebied en is deur ongeveer 1 000 mense bygewoon.

Leerders van Gill-Kollege, die Laerskool Gill en die onderwysers het die geleentheid bygewoon.

Cole Hendricks, ’n gr. 12-leerder het as seremoniemeester opgetree en was sommer baie tuis agter die kateder.

’n Aantal leerders het bekende en inspire-rende aanhalings van Mandela voorgedra. Die Gill a-capella-groep het soos altyd bekoor deur ’n Madiba-lied te sing.

Chris Muller, waarnemende skoolhoof, was geklee in ’n kleurvolle Madiba-hemp. Hy het in sy toespraak die leerders en ander gaste op ’n verkorte reis oor die lewe van Mandela geneem, interessante inligting oor sy familiegeskiedenis gedeel, asook gepraat oor sy liefde vir sport, voorliefde vir kossoorte en sy liefde vir lees.

Een van die hoogtepunte van die byeenkoms was toe almal wat die byeenkoms bygewoon het, hul posisie op die rugbyveld inge-neem het om die woorde “Mandela 100” uit te spel.

Ter afsluiting is die volkslied gesing terwyl meer as 400 duiwe vrygelaat is.

Ná die verrigtinge is die gaste met ’n heerlike bord stampmielies en bone getrakteer en die leerders het elk ’n smaaklike roomys ontvang.

You need to be Logged In to leave a comment.