NÁ bykans 24 jaar diens tree Corrie Bruwer nou af as sekretaresse by Gill-Kollege in Somerset-Oos.
In haar lang dienstydperk het sy sewe hoofde se geite en grille leer ken en moes sy by elkeen aanpas. Sy het in Augustus 1994 saam met dr. Gary Jordaan in sy laaste termyn as skoolhoof begin.
Haar pligte het verder gestrek as net die beheer van die kantoor se administrasie en telefoon ant-woord. Sy was verant- woordelik vir die organi-sasie van skoolhoofde se dagprogram asook van die onderwyspersoneel se werksaamhede. Sy het ook baie nou met opsigters – wat gekom en gegaan het – saamgewerk, asook verskeie skoonmakers en die senior kos-huis se personeel. Die bestuur en uithuur van die kafeteria was ook op haar doenlysie.
Sy het deur die jare die lief en leed van die personeel, leerders en oud-Gilliane meegemaak en getrou kaartjies en blomme gestuur soos die ge-leentheid vereis het.
“Corrie sal onthou word as ’n skitterende, funksionele en baie praktiese organiseerder met ’n geheue soos ’n olifant wat die kwartaal- en jaarprogram met ’n fynkam kon bekyk. Ons gaan haar baie mis,” aldus ds. Marina Marais.
Sy het haar huis in Somerset-Oos verkoop en sal haar mettertyd in Jeffreysbaai vestig.