DIE netbalmeisies en rugbymanne van Gill-Kollege het op Saterdag, 6 Mei teen die Hoërskool Winterberg se spanne kragte gemeet.
Gill-Kollege het gemengde welslae behaal. Die baie mededingende wedstryde is in goeie gees gespeel.
Gill-Kollege se o.14A-, o.14B- en o.16A-netbalspanne het hulle wedstryde teen Winterberg met tellings van 18-6, 16-1 en 17-15 gewen, terwyl die o.16B-, o.19A- en o.19B-spanne hulle wedstryde verloor het.
Gill se rugbymanne het hulle ook goed van hul taak gekwyt. Die o.14-span wen hulle wedstryd 14-10 en die tweede span wen ook hulle spel 3-0. Die o.15’s en o.16’s het hulle wedstryde verloor. Gill-Kollege het die dag op ’n goeie noot geëindig toe die eerste span vir Winterberg 24-20 gewen het.