DIE eerste ronde van die ATKV-redenaars-kompetisie is by die Hoërskool D.F. Malherbe in Port Elizabeth aangebied.
Deelnemers van laer en hoërskole uit die hele Oos-Kaap het meegeding.
Die Gill-Kollege van Somerset-Oos het agt redenaars vir die kompetisie ingeskryf. In die junior-, sowel as die senior-afdeling was daar geleentheid vir die leerders om hul staal ten toon te stel deur óf ’n voorbereide óf onvoorbereide toespraak te lewer.
Agt leerders het Gill in die verskillende afdelings verteenwoordig:
In die junior-afdeling vir huistaal, onvoorbereid – Chrystal Janse van Rensburg en Francois Gowar
Junior-afdeling vir addisionale taal, voorbereid – Jessica Henwood en Jumaine Blignaut.
Senior-afdeling vir huistaal, onvoorbereid – Pieter Kleynhans
Senior-afdeling vir huistaal, voorbereid –Lily Weyer-Schneider
Senior-afdeling vir addisionale taal, onvoorbereid – Cole Hendricks
Senior-afdeling vir addisionele taal, voorbereid – Siphosethu Feni
Die volgende vier leerders van Gill dring deur tot die halfeindrondte: Chrystal van Rensburg; Francois Gowar; Cole Hendricks en Siphosethu Feni.
Hierdie leerders neem die laaste naweek in Mei by die Hoërskool Outenikwa in George deel.