Goue oue van Hertzog vier 90ste verjaarsdag met All Blacks-koek

OOM Babietjie John Schaup van Hertzog in die Katriviervallei het die afgelope Saterdag sy 90ste verjaardag met ’n All Blacks-koek by sy woning op Hertzog in die Katriviervallei naby Fort Beaufort gevier.


OOM Babietjie John Schaup van Hertzog in die Katriviervallei het die afgelope Saterdag sy 90ste verjaardag met ’n All Blacks-koek by sy woning op Hertzog in die Katriviervallei naby Fort Beaufort gevier.

Oom Babietjie is jare reeds al ’n kranige All Blacks-rugbyondersteuner, hoewel hy self nie meer ’n rugbybal verder as vyf meter kan skop nie.

Oom Babes, soos hy alom bekendstaan, is op 6 Februarie op die plaas Deelkraal naby Hertzog in die Katriviervallei gebore. Volgens oom Babes sal jy, nadat jy die Katrivier se water gedrink het, dit nooit weer wil verlaat nie. Hy is op 18 Augustus 1962 ge-troud met sy vrou Let wat hom ’n goeie paar jaar gelede reeds ontval het. Uit hul huwe-lik is twee seuns en vier dogters gebore.

Oom Babietjie het in sy jare onder meer vir die tabakkoöperasie by Balfour gewerk en ook vir Murray en Roberts wat die destydse padwerke tussen Fort Beaufort en Queenstown behartig het.

Op Hertzog het hy ná sy aftrede met skape en beeste geboer.

In sy jonger dae was hy ’n kranige rugbyspeler wat onder meer haker en heelagter gespeel het. Alhoewel oom Babes nog kan rondbeweeg, is sy gesondheid nie meer na wense nie. Hy sukkel met sy gehoor en sig en kan ook nie meer gemaklik rondbeweeg nie.

Tog bestuur hy darem nog sy Volkswagen Golfie tussen Hertzog en Fort Beaufort.

You need to be Logged In to leave a comment.