Graaff-Reinet hou fondsinsameling vir spogatleet

DIE Graaff-Reinet gemeenskap het op 1 Junie saamgetrek vir ’n fondsinsameling-steakaand ten bate van ster-atleet Rentia Oosthuizen.


DIE Graaff-Reinet gemeenskap het op 1 Junie saamgetrek vir ’n fondsinsameling-steakaand ten bate van ster-atleet Rentia Oosthuizen.

Oosthuizen, wat reeds talle Suid-Afrikaanse en Afrikarekords verbeter het, sal Suid-Afrika as deel van die nasionale swemspan by die Wêreldspele in Julie in Kanada gaan verteenwoordig en weer later by die Wêreldspele in September in Portugal vir atletiek.

Op die oomblik is daar geen finansiële bystand vir die Down-sindroom atlete wat Suid-Afrika verteenwoordig nie.

Dus het Mr. Paint, Dulux Specialist Paint Centre in Graaff-Reinet besluit om die steak- aand ten bate van Oosthuizen te hou.

Dit het die organiseerders se grootste verwagtinge oortref toe hulle binne drie dae al die kaartjies verkoop het.

Sedert 2012, het Oosthuizen verskeie rekords verbeter en talle medaljes verower. In 2014 het sy 4 Afrika-aflosrekords verbeter en in 2016 die Afrika- en SA rekord vir die 800m stap.

2016 was beslis ’n besonderse jaar vir haar toe sy later in Italië die Afrika- en SA rekords vir die 100m, 200m, driekamp, verspring, 800m stap en 4x400m aflos-items verbeter het. Sy was ook die eerste vrou met Down-sindroom in die wêreld wat die 10km padhardloop voltooi het.

Verlede jaar is sy deur die Oos-Kaapse departement van sport as die beste atleet met ’n gestremdheid aangewys. Sy was ook die naaswenner van die Sportster van die Jaar-toekenning in die Oos-Kaap.

Vanjaar is sy een van slegs twee Down-sindroom lyers wat Suid-Afrika by die Wêreldspele in atletiek en swem gaan verteenwoordig.

Donasies om haar in Kanada en Portugal te kry kan in die volgende bankrekening betaal word:

Mej R A Oosthuizen

Absa (Spaar)

Rek: 9294595410

Tak: 632005

You need to be Logged In to leave a comment.