Die 2022-matriekgroep het die afgelope twee jaar geweldig baie klastyd verloor. Daarom het Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) se Wiskunde-afdeling by Die Wolkskool besluit om vir agt weke regstreekse aanlyn klasse aan te bied.
Die klasse, wat gratis aangebied word, sal die matrikulante help met die mees komplekse Wiskunde-konsepte.
Volgens Lampies Lotter, die SOS se Wiskundedosent by Die Wolkskool, het die klasse op 21 April begin en duur tot 9 Junie. Dit word elke Donderdag om 16:30 regstreeks deur Zoom uitgesaai.
“Matrikulante en graad 11-leerders is welkom om in te skakel en deel te neem aan die klas. Indien matrikulante enige vrae het, wat nie tydens die sessie behandel is nie, kan hulle my gerus kontak en terugvoer ontvang,” verduidelik Lotter.
“Ons wil verseker dat elke matrikulant die belangrikste Wiskunde-konsepte voor die Junie-eksamen onder die knie kry.”
Hier is die lys van onderwerpe:
- Week 3 (5 Mei) – Funksies en inverses
- Week 4 (12 Mei) – Eksponensiële en logaritmiese funksies
- Week 5 (19 Mei) – Polinome
- Week 6 (2 Junie) – Differensiaalrekening
- Week 7 (2 Junie) – Finansiële Wiskunde
- Week 8 (9 Junie) – Finansiële Wiskunde
Om in te skakel op die klasse registreer sommer op: https://form.jotform.com/221012849886058
Die SOS het in 2020 regstreekse aanlyn klasse aangebied in Wiskunde, Besigheidstudies, Lewenswetenskappe, Afrikaans Huistaal, Fisiese Wetenskappe, English (EAT), Wiskundige Geletterdheid en Rekeningkunde. Die klasse is deur sowat 7 000 matrikulante bygewoon en is tans gratis beskikbaar op: https://skole.co.za/gr-12-slypskool/
– UITGEREIK: SOLIDARITEIT