DIE jaarlikse 7’s dag van die Primêre Skool Karel Theron het op Vrydag, 23 Februarie te Karel Theron plaasgevind.
Daar het altesaam 40 spanne meegeding, in onder andere netbal, rugby, vlugbal en boeresport.
Gees het hoog geloop, en kleredrag en name was heel oorspronklik en gepas.
Die VLR se ouers het gesorg vir die innerlike, en ’n snoepie beman.
Die wenspanne beste kleredrag was Polka Dots, en 7 Chefs vir beste gees. Die algehele wenners by Gr. 1-3 was The Bulls en by Gr. 4 en ouer het die Blitsbokke as wenners uit die stryd getree.
“Die dag was ’n reuse sukses. Die skool bedank graag almal wat deelgeneem en wat gehelp het met die dag se verrigtinge. ’n Groot dank gaan uit aan die borge wat die dag moontlik gemaak het: Picadilli’s, Rom Hossain,
Gift Shop, Karroo Apteek, P. Olls Oogkundige, Busy Corner, Dr. Willem van der Walt, BKB, Fareed, PDK, OVK, Leana Bloemiste, Sterkfontein Slaghuis, Viking Trading, Village Kafee, Medikor Apteek en Aki Fashion,” het die skool in ’n verklaring gesê.