: Die Grootfontein Landboukollege in Middelburg se rugbyspelers het tydens die vakansie aan die Suid-Afrikaanse Landboukolleges (SAAC) se nasionale rugbyweek by Cedara Landboukollege in Pietermaritzburg gaan deelneem. Grootfontein het teen Elsenburg in die eindstryd gespeel, maar moes die knie buig met ’n telling van 29-14 in Elsenburg se guns. Hier bars Ruan Lambrecht van Grootfontein deur Elsenburg se verdediging in die eindstryd. Ruan het ook die Joe Venter-beker as beste voorspeler van die toernooi ontvang. Lees die volledige berig op bl. 11. Foto’s: johanette photography


NUUS:

Sitrusseisoen ’n

reddingsboei vir vele families


2

MUNISIPAAL:

Distriksmunisipaliteit gee inwoners grys hare



3

MENSE:

Honger honde word met liefde in Hofmeyr versorg 6

STOEPSTORIE:

Liefste Lena met die onblusbare gees


9

SPORT:

Sasol Solar Challenge besoek Karoo

11

  • Die SA Landboukolleges se rugbyspan vir 2018 is op Vrydag, 6 Julie ná afloop van die Pannar-rugbyweek op Cedara te Pietermaritzburg aangekondig. Vier van Grootfontein Landboukollege se spelers is in die SA Landboukollege-span (SALK) ingesluit. Hulle is Ruan Lambrecht (Tinkie), Alex Greig (Dozer, op die foto), Curtley Leslie (Hasie) en Joppie du Pisani (Lood). Spesiale trofees is aan drie van die Grootfonteiners toegeken vir uitmuntende spel tydens die rugbyweek. Alex Greig het die Bolandbank-beker vir Mees Konstruktiewe Rugby ontvang, terwyl Ruan Lambrecht die Joe Venter-beker as beste voorspeler van die toernooi ontvang het. Die kapteine van Grootfontein, Joppie du Pisani en Elsenburg se Gerco Nortjé, het die trofee van Willie van Zyl ontvang vir die beste wedstryd tussen twee spanne tydens die toernooi gespeel. e tuig neer.. – JOHANETTE VAN HEERDEN

You need to be Logged In to leave a comment.