OP Saterdag, 10 Maart het Cradock-rugbyklub en Grootfontein Landbou Kollege met twee spanne elk kragte gemeet op Grootfontein se veld.
Altwee spanne het uitstekende rugby gespeel met die eerste reserwespan van Cradock wat eerste aan die beurt was. Japie Marais en Cois Marais het albei oor die doellyn gegaan vir Cradock.
Grootfontein se Cobus Breytenbach (Fielies) het een drie en Henco Nel (Tiny) twee drieë gedruk, terwyl Sandile Ngwane (Oros) al drie skoppe perfek oorgeskop het. Aan die einde van die wedstryd moes Cradock die knie buig teen Grootfontein met 21-10.
Cradock-rugbyklub se eerste span het beter gevaar in hulle wedstryd met Vossie van Straaten wat drie uitstekende drieë gedruk het vir Cradock. Jan du Toit op losskakel kon twee van sy drie doelskoppe oorsit vir Cradock, terwyl Eroni Fillis vir Grootfontein een oorgeskop het.
Grootfontein se Ruan Lamprecht (Tinkie) het twee drieë vir Grootfontein gedruk. Cradock se eerste span het egter met 19-12 gewen.