In die foto is, van links, Gert Jordaan (BKB afslaer), Danie Lombard (BKB), André Muller en Norman Collett. Voor is Marius van Heerden (verkoper namens Grootfontein Dohne-Merinostoet). FOTO: JOHANETTE VAN HEERDEN


DIE Grootfontein-stoetery op Middelburg het op 23 Februarie hul elfde produksieveiling met Dohne-Merinostoete gehou.

Ooie is verkoop teen R2 968.29 en die ramme teen R8 478.26 gemiddeld.

Top ramme teen R30 000 en R26 000 is albei deur Norman Collett en André Muller van Grassridge Farm in Cradock gekoop.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article