Grootfonteiners verteenwoordig Bokkieweekspanne in Orania

ELF leerders van die Grootfontein Landboukollege in Middelburg is in die afgelope naweek se o.21 Bokkieweekspanne ingesluit wat op Orania in die Noord-Kaap teen ander provinsies meegeding het.


ELF leerders van die Grootfontein Landboukollege in Middelburg is in die afgelope naweek se o.21 Bokkieweekspanne ingesluit wat op Orania in die Noord-Kaap teen ander provinsies meegeding het.

Hulle het vir Griekwaland-Wes uitgedraf.

Griekwas het derde in die rugby- en netbaltoernooi geëindig.

Vyf van Grootfontein se rugby-spelers is vir die nasionale Bokkieweekspanne gekies.

Hulle is Spanspek, Tinkie, Varkie, Stretch en Dozer, asook Wilmi Koen van Middelburg wat in die o.21 nasionale Bokkieweek-netbalspan ingesluit is wat op 14 Julie in Pretoria gaan deelneem.

You need to be Logged In to leave a comment.