Middies het tydens die afgelope atletiekseisoen 18 hamergooiers gehad wat hul vaardighede onder Koen se wakende oog kon slyp.FOTO: VERSKAF


VROEËR vanjaar het 15 geesdriftige hamergooiers ’n hamergooi-kliniek in Middelburg bygewoon wat deur Charlie Koen aangebied is.

Koen het in ’n hamergooi-huis grootgeword. Sy pa, Charlie Koen snr. was ’n voormalige SA-senior rekordhouer.

Sy broer, Basie Koen, is die hoofafrigter in Suid-Afrika by die hamergooi-akademie in Sasolburg, terwyl sy seun Jacques die o.15-skoolrekord van 72m hou.

Charlie was self drie maal die o.19 SA-kampioen, asook nege maal die SA- seniorkampioen.

Hy het ook nasionale kleure in hamergooi verwerf.

You need to be Logged In to leave a comment.