Hannon betower Mid-Karoo Express lesers met sy kwassies, botteltjies en buisies

MET sy skoonheid wat uit botteltjies en buisies kom, het Hannon die gaste by Mid-Karoo Express se koffie-oggend wat Saterdag by The Palms in Cradock gehou is, betower.


MET sy skoonheid wat uit botteltjies en buisies kom, het Hannon die gaste by Mid-Karoo Express se koffie-oggend wat Saterdag by The Palms in Cradock gehou is, betower.

Sowat 200 gaste het vasgenael gekyk hoe twee gelukkige vroue uit die gehoor, Ansie Louw en Thalene Burger, deur Hannon, wat ook as die Glam Guru bekend staan, en sy assistent Hanli Botha op die verhoog met ’n oormaaksessie bederf is.

Ansie se hare het die volume-opkikkering ontvang, terwyl Thalene se krulle in ’n japtrap in ’n blink, gladde harekroon omskep is.

Diegene wat nie so gelukkig was om ’n oormaaksessie te ontvang is, is egter met talle van Hannon se wenke om nuwe lewe in hul voorkoms te blaas, huis toe.

Tasmia Ismail, hoofbestuurder van EP Media en Die Burger Oos-Kaap, het Mid-Karoo Express se lesers bedank vir die groot ondersteuning van die oggend. Volgens Ismail word reeds druk beplan aan die volgende geleent-heid in Mid-Karoo se wêreld en lesers sal eersdaags meer hieroor kan uitvind.

You need to be Logged In to leave a comment.