Hasie Kalbassie kry lekker warm truitjies

KINDERHARTJIES was gevul met groot blydskap toe die kleuters van die ACVV se Hasie Kalbassie-speelskool verlede Woensdagoggend elkeen met ’n pragtige moulose jurkie bederf is.


KINDERHARTJIES was gevul met groot blydskap toe die kleuters van die ACVV se Hasie Kalbassie-speelskool verlede Woensdagoggend elkeen met ’n pragtige moulose jurkie bederf is.

Die jurkies is gemaak van gebreide vierkante deur vrywiligers in die gemeenskap. Mandjies met breinaalde en wol is ook by elk van die plaaslike dokters se spreekkamers geplaas en verbasend baie blokkies is op die manier deur vroue wat op af-sprake gewag het, gebrei.

Elzbe Cronjè en helpers het die blokkies aanmekaargesit en dit in pragtige jurkies vir die kinders omskap.

’n Groot verrassing was dat Petro Gerber, Hasie Kalbassie se juffrou, vanjaar ook ’n blokkiestrui gekry het.

“Van die blokkies wat ons by die spreekkamers gekry het, was soms deur gewillige, maar minder bedrewe breisters aangepak. Indien enigiemand wonder wat van hierdie blokkies geword het: Hulle gaan na die Diereskuiling waar katkombersies gemaak word,” het Elzbe gesê.

You need to be Logged In to leave a comment.