Hattingh wys sy staal in swemgala

DIE Karoo-swemgala het Woensdag, 28 Februarie op Graaff-Reinet plaasgevind.


DIE Karoo-swemgala het Woensdag, 28 Februarie op Graaff-Reinet plaasgevind.

Die Hoër Landbouskool Marlow het agt swemmers na die gala gestuur en die Wolramme het puik presteer.

Izak Hattingh, spogswemmer van Marlow, het in al die items van die seuns o.14-afdeling eerste plekke behaal. Izak word vir hierdie puik prestasies beloon en word saam met Llewellyn Crewe-Brown as die Victor Ludorums van die gala aangewys.

Marlow se ander seuns het hul ook goed van hul taak gekwyt. Sebastian Greyling het ’n tweede plek in die 50m borsslag en ’n derde plek in die 50m vlinderslag behaal.

Carlo Froehlich het in die o.16-afdeling twee tweede plekke in die 50m vryslag en 50m borsslag behaal en ook ’n derde plek in die 50m rugslag.

You need to be Logged In to leave a comment.