VANDAG se kok van Cradock, wat graag anoniem wou bly, het hierdie wonderlike dis vir haar gesin op Vadersdag gemaak.
Bief-kortrib in prutpot (slow cooker)
Bestanddele:
’n Paar skeute sojasous
125ml hoender- of biefaftreksel
60ml sagte, klam bruinsuiker
1 eetlepel heuning
Duimgrootte stuk vars gemmer, gerasper
3 knoffelhuisies, gerasper
Bietjie olyfolie
2,5ml rooipeper
Sout en witpeper
Ongeveer 2kg bief-kortrib
Metode:
Meng die sojasous, aftreksel, suiker, heuning, gemmer, knoffel, olie, sout en peper saam en gooi in prutpot.
Sit rib in en sorg dat dit oral aangeklam word met die sous.
Sit oornag in prutpot.
Roer twee eetlepels mielie-blom, gemeng met ’n halwe koppie water deur en prut nog 30 minute om sous effe te verdik.
Sprinkel gremolata net voor bediening oor (fyn pietersielie, suurlemoenskil en knoffel).
. Die dis is heerlik met Basmati-rys en soetpampoen.

