Herlewing van kerkgenootskap oorweeg

DIE herlewing van byeenkomste van die Oud Evangelie Gereformeerde Kerk in Cradock word tans ondersoek en belangstellendes word versoek om van hulle te laat hoor.


DIE herlewing van byeenkomste van die Oud Evangelie Gereformeerde Kerk in Cradock word tans ondersoek en belangstellendes word versoek om van hulle te laat hoor.

Volgens Elsie Lyell, wat haar beywer vir die herlewing van die kerkgroep, was daar voorheen ’n groot groep mense wat aan die kerk behoort het op Cradock en Hofmeyr. Die kerk moes egter weens omstandighede buite hul beheer gesluit word.

“Ds. Johan Botha van Pretoria het my onlangs hier op Cradock kom besoek en hy wil hê ek moet statistiek van oud-lidmate aan hom voorsien sodat daar besluit kan word of ons weer met ’n gemeente kan begin,” het Lyell gesê.

Sy is van mening dat die groepie wat belangstel solank kan begin met byeenkomste soos byvoorbeeld bid-ure op Woensdae en Sondae.

Enigiemand wat belangstel, kan met Elsie Lyell by 067 069 5965 in verbinding tree sodat hulle name op die lys van voornemende kerkgangers geplaas kan word.

You need to be Logged In to leave a comment.