SWEMMERS van die Hoër Volkskool in Graaff-Reinet het onlangs weer aan die Rivermile in Cannonville deelgeneem.
Vanjaar het twee onderwysers van die skool ook ingespring. Almal het baie goed gevaar en weggestap met ’n medalje.
Llewellyn Crewe-Brown het egter baie goed gedoen deur die myl in 22 minute te voltooi – minder as twee minute ná die wenner.
Hy behaal ’n algehele 14de plek uit 350 deelnemers. Die Hoër Volkskool is baie trots op hom.